Job 9:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek sê: Ek sal my klagte vergeet, my beswaardheid laat staan en myself vertroos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek sou dink: ek gaan ophou kla, my treurigheid laat vaar, en vrolik wees, |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word, |
| Afrikaans 1983 | “As ek sou dink: ek wil ophou kla, ek wil my houding verander en vrolik wees, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek sê, ‘Ek wil my klagte vergeet, my gesigsuitdrukking verander en vrolik lyk,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek sê ek wil ophou om te kla, ek wil glimlag en vrolik wees, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek kan sê ek sal met al my gekla ophou. Ek kan ook besluit om op te hou om met ’n lang gesig rond te loop en vroliker te wees. |