Job 9:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou is my dae vinniger as 'n pos: hulle vlug weg, hulle sien niks goeds nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “My lewe gaan vinniger verby as ’n naelloper. Dit vlieg verby, sonder dat ek geluk ervaar.
Afrikaans 1933/1953 Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
Afrikaans 1983 My dae skiet vinniger as 'n naelloper verby, hulle vlieg verby sonder dat ek iets goeds beleef,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ My dae is vinniger as 'n hardloper, dit het weggeglip; dit het niks goeds opgelewer nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die dae van my lewe gaan vinniger verby as iemand wat hardloop, hulle is verby voordat ek iets kon geniet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Job sê ook: “’n Atleet hardloop baie vinnig. My lewe gaan nog vinniger as dit verby. My dae vlieg verby sonder dat enigiets goeds gebeur.