Job 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die aarde is oorgegee in die hand van die goddelose; Hy bedek die aangesigte van sy regters; so nie, waar en wie is hy?
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele aarde is in die hande van die kwaaddoener en God verblind die oë van die regters sodat hulle onreg pleeg. As dit nie Hy is nie, wie anders?
Afrikaans 1933/1953 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
Afrikaans 1983 Hy gee die wêreld oor in die mag van die goddelose, en Hy maak die regters partydig. As dit nie Hy is wat dit doen nie, wie dan?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die aarde is oorgegee in die hand van goddeloses; die gesigte van die aarde se regters bedek Hy. As dit nie Hy is nie, wie is dit dan?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy laat mense wat verkeerd doen, regeer oor die aarde. Hy keer sodat die regters nie kan sien wat verkeerd is nie. As dit nie Gód is wat dit doen nie, wie doen dit?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het die wêreld vir die slegte mense gegee. Hy het ook die regters blind gemaak om nie verkeerde goed raak te sien nie. Hulle tree nie regverdig op nie. As dit nie die Here is wat dit gedoen het nie, wie het dan?”