Job 9:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is een ding, daarom het ek dit gesê: Hy vernietig die volmaakte en die goddelose.
Afrikaans (NLV) 2011 Of ek skuldig of onskuldig is, dit is alles dieselfde. Ek sê jou mos: Hy vernietig die onskuldige én dié wat kwaad doen.
Afrikaans 1933/1953 Dit is net eenders -- daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
Afrikaans 1983 Eintlik is dit om 't ewe, daarom dink ek: of 'n mens skuldig is of onskuldig, God vernietig jou tog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is om't ewe. Daarom sê ek, ‘Onberispelik of goddeloos – Hy vernietig albei.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is alles dieselfde, daarom sê ek: God verwoes almal, die mense wat reg gelewe het én ook die mense wat verkeerd gelewe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dit maak nie eintlik saak of ek onskuldig of skuldig is nie, dit is een en dieselfde vir Hom. Hy vernietig skuldige en onskuldige mense.