Job 9:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ek myself regverdig, sal my eie mond my veroordeel; as ek sê: Ek is volmaak, sal dit my ook verkeerd bewys.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al is ek onskuldig, my eie mond sal my veroordeel. Selfs al is ek reg, dit sal net wys hoe verkeerd ek is.
Afrikaans 1933/1953 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
Afrikaans 1983 “Al is my saak reg, my woorde sou my skuldig maak; al is ek ook onskuldig, ek sou oor my woorde veroordeel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al het ek gelyk, verklaar my mond my skuldig; al tree ek onberispelik op, toon dit dat ek verkeerd is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is onskuldig, maar alles wat ek sê, wys dat ek skuldig is. Ek het heeltemal reg gelewe, maar Hy sê ek is skuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al doen ek dinge reg, praat ek of ek skuldig is. Al glo ek dat ek onskuldig is, sal daar bewys word dat ek verkeerd is.