Job 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ek van krag spreek, kyk, hy is sterk;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is die sterk Een. As dit oor krag gaan, as dit oor regspraak gaan, wie kan Hom ooit uitdaag?
Afrikaans 1933/1953 Kom dit aan op die krag van die sterkste -- hier is Ek! En kom dit op reg aan -- wie kan My dagvaar?
Afrikaans 1983 As dit gaan oor krag, is Hý die sterke, as dit gaan oor reg, wie anders as Hý kan 'n klag teen my inbring?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit oor krag gaan – Hy is die Sterke! As dit oor reg gaan, sê Hy, ‘Wie kan My dagvaar?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer ons kyk wie is die sterkste, dan sien ons dat Hy die Een is wat sterk is. Wanneer ons kyk wie reg gedoen het, wie kan dan hof toe gaan met Hom? Niemand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het al die krag; niemand kan met Hom kragte meet nie. As dit gaan oor wat reg is, wie sal Hom vir my voor die hof daag?