Job 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vir wie, al was ek regverdig, sou ek tog nie antwoord nie, maar tot my regter smeek.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al was ek onskuldig, ek het geen verweer nie. Ek kan maar net by my Regter om genade pleit.
Afrikaans 1933/1953 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
Afrikaans 1983 Al was my saak reg, sou ek nog nie kon antwoord op wat Hy vra nie, ek sou Hom, my Regter, net om genade kon smeek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ek wat, al het ek gelyk, my nie sal kan verweer nie? By my teenstander moet ek om genade smeek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is onskuldig, maar ek kan Hom nie antwoord nie. Ek kan net bid dat Hy, my Regter, genadig sal wees vir my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs al is ek onskuldig, kan ek my nie teen Hom verdedig nie. Al wat ek regtig kan doen, is om Hom mooi te vra om maar ’n bietjie genadig met my te wees.