Job 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek? en hoe lank sal die woorde van jou mond wees soos 'n sterk wind?
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe lank gaan jy nog so aanhou praat? Jou woorde is soos ’n wind wat alles wegvee.
Afrikaans 1933/1953 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
Afrikaans 1983 “Hoe lank gaan jy nog so praat? Jou woorde kom soos 'n orkaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hoe lank nog gaan jy hierdie dinge beweer? Die woorde van jou mond is bloot 'n groot klomp wind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hoe lank wil jy aanhou om hierdie dinge te sê? Wanneer jy praat, dan is dit soos 'n sterk wind wat waai.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoe lank gaan jy aanhou om so te praat, Job? Wat jy sê, is soos ’n wind wat alles verwoes.