Job 8:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal op sy huis steun, maar dit sal nie bly staan nie; hy sal dit vashou, maar dit sal nie standhou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle dink hulle huise bied sekuriteit. Maar dit hou nie. Hulle probeer daaraan vasklou, maar dit bly nie staan nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
Afrikaans 1983 As hy teen sy huis leun, val dit om, hy gryp daarna, maar dit bly nie staan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As hy teen sy huis leun, bly dit nie staan nie; as hy daaraan vasgryp, hou dit nie stand nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hy teen so 'n huis wil lê, dan gly die huis weg, as hy daaraan wil vashou, dan is dit nie daar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle lê teen die spinnerak, maar dit gee pad. Dit help nie eens om dit te probeer vasgryp nie. Hulle vertrou op vals dinge.