Job 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie se hoop uitgeroei sal word en wie se vertroue 'n spinnerak sal wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Alles waarop hulle bou, val inmekaar. Hulle steun op ’n spinnerak. |
| Afrikaans 1933/1953 | sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak. |
| Afrikaans 1983 | Hy vertrou op 'n dun draadjie, hy maak op 'n spinnerak staat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hy wat sy hoop vestig op dun spinnerakdrade, wat in 'n spinnerak sy vertroue stel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is soos iemand wat dink dat hy aan 'n dun draadjie kan hang, soos iemand wat dink 'n spinnerak kan sy huis wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle vertrou op dinge wat nie baie veilig is nie. Dit is so goed soos om aan die draadjie van ’n spinnerak te hang. |