Job 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kan die bies sonder modder opgroei? kan die vlag groei sonder water? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Groei riete buite ’n moeras? Floreer vleigras waar daar nie water is nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? |
| Afrikaans 1983 | ‘Groei riet waar daar nie 'n moeras is nie, vleigras waar daar nie water is nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal papirus hoog groei waar daar nie 'n moeras is nie? Sal oewergras gedy waar daar nie water is nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Riete groei net waar die grond nat is, hulle groei waar daar water is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bildad het nog aangegaan om te praat: “Die papirusplant groei net in moerasse. Biesies floreer net waar daar water is. |