Job 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek gaan lê, sê ek: Wanneer sal ek opstaan en die nag verby wees? en ek is vol gewoë heen en weer tot die aanbreek van die dag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ek gaan lê, wens ek die môre wil aanbreek. Maar die nag sleep stadig verby en ek rol rond tot dagbreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môre skemering toe. |
| Afrikaans 1983 | As ek gaan slaap, dink ek: wanneer kan ek opstaan? Maar die nag sleep stadig verby en ek rol rusteloos rond tot dagbreek toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As ek gaan lê, dink ek, Wanneer kan ek opstaan? – maar die aand sleur voort. Ek is sat van rusteloos wees, tot die oggendskemer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer ek gaan lê, dan vra ek: ‘Wanneer kan ek opstaan?’ Maar die nag is lank, en ek hou aan om rond te rol totdat dit lig word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek in die aand bed toe gaan, wens ek dit is al die volgende môre. Maar die nagte is lank en uitgerek. Ek lê en rondrol tot die volgende oggend toe. |