Job 7:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En waarom vergewe jy nie my oortreding en neem my ongeregtigheid weg nie? want nou sal ek in die stof slaap; en jy sal my in die môre soek, maar ek sal nie wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom vergewe U nie net my sonde en verwyder my skuld nie? Gou lê ek in stof en sterf. As U na my soek, dan is ek weg.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Waarom vergewe U dan nie my sonde en vergeet wat ek verkeerd gedoen het nie? Binnekort sal ek in die graf lê, U sal my soek, maar ek sal nie meer lewe nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom vergewe U nie my oortreding nie, skeld U nie my sondeskuld kwyt nie? Want binnekort sal ek in die stof lê; U sal op die uitkyk wees vir my, maar ek sal nie daar wees nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom vergewe U nie my sonde nie, hoekom vergeet U nie dat ek verkeerd gedoen het nie? Ek sal nou in die stof gaan lê, ek sal sterf, en U sal my soek, maar ek sal nie daar wees nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom vergewe U my nie maar die dinge wat ek verkeerd gedoen het nie? Kan U nie maar my skuld wegvat nie? Dit sal nie meer lank wees nie, dan lê ek in my graf. As U my soek, sal ek nie meer daar wees nie.” |