Job 7:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gesondig; wat moet ek met jou doen, o bewaarder van mense? waarom stel jy my as 'n teken teen jou, sodat ek vir my 'n las is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het ek gesondig? Wat het ek aan U gedoen, U wat die ganse mensdom sien, waarom het U my geteiken? Is ek vir U ’n las? |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek gesondig het, wat doen ek U aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot 'n las is? |
| Afrikaans 1983 | As ek gesondig het, wat kan ek teen U uitrig, U wat die mens gedurig oppas? Waarom het U my u teiken gemaak? Waarom moet ek vir U 'n las wees? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het ek gesondig? Wat het ek U aangedoen, Bewaker van mense? Waarom stel U my as 'n teiken vir U op? Het ek vir U 'n las geword? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ek sonde gedoen het, wat kan ek aan U doen, U wat aanhou kyk wat 'n mens doen? Hoekom het U my geskiet, hoekom wil U my nie meer dra nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek verkeerde goed sou gedoen het, wat het ek aan U gedoen? U pas mense soos ’n bewaarder op. Hoekom het U my as ’n teiken gebruik? Hoekom het U my gekies? Het ek vir U ’n las geword? |