Job 7:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n dienskneg na die skaduwee verlang, en soos 'n huurling wat die loon van sy werk verwag; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy wens soos ’n slaaf die dag wil klaarkry, soos ’n dagarbeider wat wag om betaal te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos 'n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos 'n dagloner wat wag op sy werkloon, |
| Afrikaans 1983 | Sy lewe is soos dié van 'n slaaf wat smag na koelte, soos dié van 'n dagloner wat verlang na betaaltyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n slaaf smag hy na skaduwee; soos 'n dagloner wag hy vir sy loon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens is soos 'n slaaf wat wens dat hy in die skaduwee kan kom, hy wag vir sy beloning, soos 'n dagloner. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is soos ’n werker wat daarna uitsien om net in die koelte te kan staan. Of soos ’n werker wat nie kan wag om sy geld te kry vir die dag se werk wat hy gedoen het nie. |