Job 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal ek my mond nie weerhou nie; Ek sal spreek in die benoudheid van my gees; Ek sal kla in die bitterheid van my siel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom kan ek nie stilbly nie. Ek moet kla oor my lyding. Ek moet praat, want ek is bitter. |
| Afrikaans 1933/1953 | So wil dan ook,k my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel. |
| Afrikaans 1983 | “Nee, ek kan nie stilbly nie, in my beproewing wil ek praat, in my bitter lyding wil ek kla. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Op my beurt sal ek my mond nie hou nie. Ek wil praat uit die benoudheid van my gees; ek wil kla uit die bitterheid van my siel! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom kan ek nie my mond hou en stilbly nie, ek moet praat, want ek kry swaar. Ek moet kla, want dit gaan sleg met my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Job het voortgegaan en gesê: “Ek kan nie meer stilbly nie. Ek wil praat van die swaarkry wat ek deurgaan. Ek wil kla, want ek voel bitter. |