Job 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is daar nie 'n vasgestelde tyd vir die mens op aarde nie? Is sy dae nie ook soos die dae van 'n huurling nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Is dit nie die worsteling van elke mens op aarde nie? Jou lewe is soos dié van ’n huurling.
Afrikaans 1933/1953 Het die mens nie 'n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van 'n dagloner nie?
Afrikaans 1983 “Is 'n mens se lewe op aarde nie maar harde arbeid nie, en sy dae soos dié van 'n dagloner nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Is dwangarbeid nie 'n sterfling se lot op aarde nie? Is sy dae nie maar die dae van 'n dagloner nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “'n Mens moet hard werk op die aarde, sy dae is so lank soos 'n dagloner se dae.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Job het sy vriende gevra: “Is ’n mens se lewe op aarde nie maar harde werk nie? Dit is soos om elke dag vir iemand te werk wat jou huur.