Job 6:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die pyle van die Almagtige is binne-in my, die gif waarvan my gees opdrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Almagtige het my met sy pyle getref. Sy gifpyle het ingedring tot diep in my gees. Al die verskrikkinge van God is teen my gerig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op. |
| Afrikaans 1983 | Die pyle van die Almagtige deurboor my, ek word geleidelik deur hulle vergiftig. Verskrikkinge van God bedreig my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die pyle van die Almagtige is in my, sodat my gees die gif daarvan drink. Die verskrikkinge van God neem teen my stelling in. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die pyle van die Almagtige is in my, ek drink van die gif van die pyle. God het my baie bang laat word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wie se mag geweldig groot is, het my met sy pyle geskiet. Ek is vol van die gif van hierdie pyle. God het vreeslike dinge op my pad gestuur. |