Job 6:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Keer tog terug, laat dit geen ongeregtigheid wees nie; ja, keer terug, my geregtigheid is daarin. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Besin julle, moenie onreg pleeg nie. Besin julle, my onskuld is op die spel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Keer tog terug -- laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug -- nog is my geregtigheid daar. |
| Afrikaans 1983 | Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie, besin julle, my saak is reg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Draai tog om! Laat daar nie onreg wees nie! Draai om! Ek het steeds die reg aan my kant, ondanks die onreg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet asseblief ophou om my te beskuldig, julle moet ophou, ek het nog altyd reg gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hou op om te dink dat ek skuldig moet wees. Ek het niks verkeerds gedoen nie; ek is onskuldig. Julle is regtig onregverdig teenoor my. |