Job 6:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe kragtig is regte woorde! maar wat bestraf jou argument? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Eerlike kritiek kan wel seermaak, maar julle argumente bewys niks! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig 'n bestraffing uit, van julle afkomstig? |
| Afrikaans 1983 | Opregte woorde maak nie seer nie, maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe kan opregte woorde krenkend wees? En hoe kan 'n teregwysing van julle kant af hoegenaamd teregwys? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle eerlik praat, dan sal ek nie seerkry nie, maar die dinge wat julle vir my sê, beteken niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is so dat dit nie lekker is om eerlike kritiek te hoor nie, maar dit kan my miskien help. Maar wat bereik julle met julle argumente? |