Job 6:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Aan hom wat geteister is, moet barmhartigheid van sy vriend betoon word; maar hy verlaat die vrees van die Almagtige.
Afrikaans (NLV) 2011 “’n Mens sou medelye hê met ’n vriend in nood, selfs as hy die vrees vir die Almagtige laat vaar.
Afrikaans 1933/1953 Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.
Afrikaans 1983 “Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las, het die eerbied vir die Almagtige verwerp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Iemand wat in wanhoop verkeer, kan reken op die troue liefde van sy vriend, selfs al gee hy ontsag vir die Almagtige prys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As dit vir iemand te swaar is om vir sy vriende te doen wat hy moet doen, dan respekteer hy nie meer die Almagtige nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder sê Job: “’n Mens moet mooi werk met ’n vriend wat in so ’n toestand soos ek is. Ja, selfs al het ek miskien nie so geleef soos die Here wou hê ek moes nie.