Job 6:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sou ek nog vertroosting hê; ja, ek sou my verhard in droefheid; laat hom nie spaar nie; want ek het die woorde van die Heilige nie verberg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan sou dit my troos wees: dat ek ten spyte van my pyn ook vreugde sal hê dat ek die woorde van die Heilige nie ontken het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie. |
| Afrikaans 1983 | Dan sou ek nog dié troos hê, die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie: dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal vir my weer vertroosting bring; ondanks die pyn sal ek opspring van vreugde. Hy mag nie deernis betoon nie, want ek het die woorde van die Heilige nie verberg nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ek tevrede wees, my pyn sal aanhou, maar ek sal nog altyd bly wees, want ek het nie stilgebly oor wat die heilige God gesê het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ten minste kan ek my hiermee troos: al kon ek die pyn amper nie uitstaan nie, so erg was dit, het ek wat die Here sê ernstig opgevat. |