Job 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tog word die mens in benoudheid gebore, soos die vonke boontoe vlieg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Mens word gebore vir moeite, soos vonke boontoe skiet uit ’n vuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg. |
| Afrikaans 1983 | Die mens is vir swaarkry gebore, en sy lewe is kortstondig soos 'n vonk wat opskiet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar die mens is vir teenspoed gebore, soos vonke na bo vlieg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | nee, mense word gebore om swaar te kry, hulle lewe is gou verby, dit is soos vuurvlamme wat gou verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vonke spat altyd by ’n vuur. Net so seker as wat dit gebeur, word ’n mens gebore om moeilikheid te kry.” |