Job 5:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy kinders is ver van veiligheid, en hulle is verbrysel in die poort, en daar is niemand om hulle te red nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy kinders word nie gehelp nie. Daar is niemand wat hulle verdedig wanneer hulle voor die hof gedaag word nie.
Afrikaans 1933/1953 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
Afrikaans 1983 en daar is geen hulp vir sy kinders nie; hulle word veronreg in die hof en niemand behartig hulle saak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy kinders is ver van veiligheid; hulle word vertrap in die stadspoort, en niemand kan hulle red nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan nooit goed met 'n dwaas se kinders nie, mense doen nie reg aan hulle nie, en daar is niemand wat hulle red nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle kinders bly agter en daar is niemand om te kyk of hulle veilig is nie. En as hulle in die hof beland, is daar niemand wat hulle saak verdedig nie.