Job 5:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy maak seer en verbind, hy verwond en sy hande genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want Hy verwond, maar verbind ook weer. Hy tref ons, maar sy hande genees ook weer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond. |
| Afrikaans 1983 | Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer, wat seer slaan, maar Hy maak weer met sy eie hand gesond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Hy is die een wat pyn veroorsaak, maar ook verbind, Hy verbrysel, maar sy hande genees ook. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want God maak seer, maar Hy bind die seerplek weer toe, Hy slaan stukkend, maar Hy maak die stukkende plek weer gesond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is Hy wat die wonde veroorsaak, maar dit is ook Hy wat die wonde weer versorg en verbind. Hy deel die houe uit, maar sy hande maak ook weer die wonde gesond. |