Job 5:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, gelukkig is die man wat God teregwys; daarom verag jy nie die tugtiging van die Almagtige nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kyk hoe gelukkig is mense vir wie God vermaan! Verag nie die teregwysing van die Almagtige as jy sondig nie, |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie. |
| Afrikaans 1983 | “Dit gaan goed met die mens wat deur God tereggewys word. Jy moet nie die bestraffing van die Almagtige verontagsaam nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kyk, gelukkig is die mens vir wie God teregwys; die tugtiging van die Almagtige – moet dit nie verwerp nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “'n Mens is gelukkig wanneer God vir hom leer. Wanneer die Almagtige vir jou wil leer hoe om te lewe, dan moet jy luister. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Mens moet bly wees as God jou reghelp. Daarom moet jy dit nie ligtelik opvat as Hy jou straf nie. |