Job 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy neem die wyses aan in hulle eie listigheid, en die raad van die dwaalleraars word kop uitgesteek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat dink hulle is slim, draai Hy in hulle eie planne vas. Wat hulle wou doen, maak Hy tot niet. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid. |
| Afrikaans 1983 | Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne; wat geslepe mense besluit, maak Hy gou tot niet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy wat wyses met hulle eie slinksheid vang, sodat die planne van geslepenes vinnig tot 'n einde kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy vang die slim mense met hulle eie skelm planne, Hy keer die planne van mense wat wil bedrieg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy laat mense wat dink dat hulle baie slim is en ander kan uitoorlê, in hulle eie strikke trap. Hy steek ’n stokkie voor al hulle slinkse plannetjies. |