Job 42:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Elifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, gegaan en gedoen soos die HERE hulle beveel het; die HERE het ook Job aangeneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here beveel het, en die Here het Job se gebed verhoor.
Afrikaans 1933/1953 Toe het lifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem.
Afrikaans 1983 Elifas die Temaniet, Bildad die Suagiet en Sofar die Naämatiet het gedoen wat die Here gesê het, en die Here het Job se gebed verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elifas uit Teman, Bildad uit Suag, en Sofar uit Naäma, het toe gegaan en gedoen wat die Here vir hulle gesê het, en die Here was Job goedgesind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elifas van die land Teman en Bildad van die land Suag en Sofar van die land Naäma het toe gegaan en gedoen wat die Here vir hulle gesê het, en die Here het gedoen wat Job gevra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elifas, Bildad en Sofar het gedoen wat die Here gesê het hulle moet doen. Die Here het toe na Job se gebed geluister.