Job 42:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring vir julle 'n brandoffer; en my kneg Job sal vir julle bid; want hom sal Ek welgevallig wees, sodat ek nie met julle handel volgens julle sotheid deurdat julle nie reg is soos my kneg Job van My gespreek het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom, vat nou sewe jong bulle en sewe ramme, gaan na my dienaar Job en bring ’n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie behandel soos julle verdien nie. Julle het nie wat reg is oor My gesê soos my dienaar Job nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie. |
| Afrikaans 1983 | Vat sewe bulle en sewe ramme en gaan na my dienaar Job toe en offer dit as 'n brandoffer vir julleself. My dienaar Job sal vir julle bid, en Ek sal sy gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie. Julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, gaan na my dienskneg Job, en bring ter wille van julleself 'n •brandoffer. My dienskneg Job moet vir julle bid, dat Ek julle nie iets onbehoorliks aandoen nie. Ek sal net teenoor hóm goedgesind wees, want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet nou sewe bulle en sewe skaap-ramme neem en julle moet na my dienaar Job toe gaan. Julle moet 'n brand-offer bring vir julleself. My dienaar Job sal dan vir julle bid, want Ek sal doen wat hy vra, Ek sal julle nie straf nie. Julle was dwaas, julle het nie reg gepraat oor My nie, my dienaar Job het reg gepraat oor My.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat sewe jong bulle en sewe ramme en gaan na Job toe. Gaan offer die diere daar by hom. Maar onthou, dit is vir julle, nie vir hom nie. Job sal vir julle bid. Ek sal sy gebed vir julle aanvaar. Ek sal julle nie straf soos Ek eintlik moet oor die dom goed wat julle gesê en gedink het nie. Job het die waarheid oor My gepraat, julle nie.” |