Job 42:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat die HERE hierdie woorde met Job gespreek het, het die HERE vir Elifas, die Temaniet, gesê: My toorn is ontvlam teen jou en teen jou twee vriende, want julle het nie van My gepraat wat reg is nie, soos my kneg Job het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die Here klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende. Julle het nie wat reg is oor My gepraat soos my dienaar Job nie.
Afrikaans 1933/1953 En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan lifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
Afrikaans 1983 Nadat Hy met Job gepraat het, het die Here vir Elifas die Temaniet gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie die waarheid oor My gepraat soos my dienaar Job nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die Here hierdie woorde vir Job gesê het, het die Here vir Elifas uit Teman gesê: “My toorn het ontbrand teen jou en jou twee vriende; want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat die Here met Job gepraat het, het die Here vir Elifas van die land Teman gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende. Julle het nie reg gepraat oor My nie, maar my dienaar Job het reg gepraat oor My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Here klaar met Job gepraat het, het Hy vir Elifas, wat van Teman af kom, gesê: “Ek is kwaad vir jou en jou twee vriende, want julle het nie soos Job die waarheid oor My gepraat nie. Job behoort aan My.