Job 42:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is dit wat raad verberg sonder kennis? daarom het ek gesê dat ek nie verstaan het nie; dinge te wonderlik vir my, wat ek nie geweet het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U vra: ‘Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?’ Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my.
Afrikaans 1933/1953 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.
Afrikaans 1983 Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is die een wat 'n plan verberg, terwyl hy geen kennis het nie? Daarom het ek, sonder begrip, ja, sonder kennis, my mening gegee oor dinge wat vir my te wonderbaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het vir my gevra of ek dink ek mag sê dat U verkeerd besluit, ék wat so dom is. Nou sê ek: Ek het gepraat oor dinge wat ek nie verstaan het nie, oor wonderlike dinge wat ek nie ken nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het gevra: ‘Wie is dit wat my besluite in twyfel trek, maar self niks kennis het nie?’ Dit is ek. Ek het oor dinge gepraat waarvan ek niks weet nie. Hierdie dinge was net te groot vir my klein verstandjie om te verstaan.