Job 42:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die HERE dan die einde van Job meer geseën as sy begin, want hy het veertien duisend kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend esels gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die eerste. Hy het 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies gekry.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het die einde van Job meer geseënas sy begin; en hy het veertien duisend stuks kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
Afrikaans 1983 Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste: hy het veertien duisend stuks kleinvee, ses duisend kamele, twee duisend beeste en 'n duisend donkies gekry,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin. Hy het veertienduisend stuks kleinvee, sesduisend kamele, 'n duisend pare beeste en 'n duisend donkiemerries besit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het dit toe met Job beter laat gaan as voorheen. Job het 14 000 skape en bokke, 6 000 kamele, 2 000 beeste en 1 000 donkies gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as in die begin. Hy het nou sommer baie vee gehad. Daar was 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies.