Job 42:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes na hom gekom en saam met hom in sy huis brood geëet; en hulle het hom beklaag en hom getroos oor al die onheil wat die HERE op hom gebring het: elkeen het hom ook 'n geldstuk gegee, en elkeen 'n goue oorring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het al sy broers en susters en almal wat hom voorheen geken het, gekom en saam met hom in sy huis feesgevier. Hulle het hom getroos en moed ingepraat oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Hulle het elkeen vir hom ’n stuk silwer en ’n goue ring gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die HERE oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring. |
| Afrikaans 1983 | Al sy broers en susters en sy vriende wat hom vroeër geken het, het gekom en saam met hom in sy huis geëet. Hulle het hulle medelye kom betoon en hom getroos oor al die rampe wat die Here oor hom gebring het. Elkeen het vir hom 'n stuk silwer en 'n goue ring gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al sy broers en susters en al sy vorige kennisse het na hom gekom en saam met hom in sy huis brood geëet. Hulle het met hom meegevoel betuig en hom getroos oor al die onheil wat die Here oor hom laat kom het. Elkeen van hulle het vir hom een kesita en een goue ring gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al Job se broers en susters en die mense wat hom voorheen geken het, het na hom toe gekom, en hulle het saam met hom geëet in sy huis. Hulle het vir hom kom sê dat hulle jammer is oor die slegte dinge wat die Here met hom laat gebeur het. Hulle wou hê dat dit weer goed moet gaan met Job, en elkeen het 'n kesita en 'n goue ring vir hom gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Job se familie en vriende het na sy huis toe gekom en hulle het saam met hom geëet. Hulle het vir hom kom sê hoe jammer hulle is oor alles wat die Here hom laat deurmaak het. Hulle het hom getroos en moed kom inpraat. Hulle het ook elkeen vir hom presente gebring. Hulle het vir hom geld en goue ringe gegee. |