Job 41:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Lê jou hand op hom, dink aan die geveg, doen nie meer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sluit so dig opmekaar; hulle skakel inmekaar en kan nie geskei word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar. |
| Afrikaans 1983 | die een is vas aan die ander, hulle kleef aan mekaar en kan nie geskei word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kleef aan mekaar, sluit so dig dat hulle nie geskei kan word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skubbe is so vas teen mekaar dat niemand hulle kan losmaak van mekaar nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die skubbe sluit so dig teen mekaar dat niks tussen hulle kan inkom nie. Hulle kan nie van mekaar losgemaak word nie. |