Job 41:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal hy baie smekinge tot jou doen? sal hy sagte woorde met jou spreek?
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek wil nog praat oor die krokodil se krag en sy ontsaglike liggaamsbou en sierlike vorm.
Afrikaans 1933/1953 Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
Afrikaans 1983 “Ek wil nog verder praat oor die krokodil, oor sy krag en sy liggaamsbou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal nie swyg oor sy ledemate, oor die saak van geweldige krag en sy mooi vorm nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek wil ook praat oor die liggaamsdele van die krokodil, en Ek wil praat oor hoe sterk en goed gebou hy is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek wil nog verder praat oor die krag in die draak se bene en sy hele lyf.