Job 40:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy neem dit met sy oë, sy neus dring deur strikke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal jy hom mak maak soos ’n voëltjie, of vir hom ’n leiband aansit as ’n speelding vir jou dogters? |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders? [ (Job 40:25) Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans? ] [ (Job 40:26) Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop? ] [ (Job 40:27) Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie. ] [ (Job 40:28) Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie? ] |
| Afrikaans 1983 | Sal jy hom kan mak maak soos 'n voëltjie of kan jy hom met 'n lyn vasmaak vir jou dogtertjies? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kan jy met hom speel soos met 'n voël, hom vasbind vir jou dogters? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kan jy met hom speel soos met 'n voëltjie? Kan jy hom vasbind en hom wys vir jou slavinne? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kan jy hom mak maak soos ’n voëltjie om ’n troeteldier vir jou te wees? Sal jy hom aan ’n leiband sit vir jou dogters? |