Job 40:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy bene is soos sterk stukke koper; sy gebeente is soos ysterstawe.
Afrikaans (NLV) 2011 As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie. Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.
Afrikaans 1933/1953 As die rivier swel -- hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
Afrikaans 1983 As die rivier sterk word, skrik dit hom nie af nie, hy bly rustig al styg die Jordaan hoe hoog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die rivier kan maar afkom, hy gee nie haastig pad nie; hy bly rustig, al stu die Jordaan teen sy bek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die rivier vol word, dan skrik hy nie, hy staan stil as die Jordaan-rivier se water teen sy bek vloei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy skrik nie vir water wat in vloed is nie. Selfs al kom die Jordaan af en styg tot teen sy mond, bly hy rustig.