Job 40:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal ek ook aan jou bely dat jou eie regterhand jou kan red. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk. Net sy Maker kan hom in toom hou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf. |
| Afrikaans 1983 | Onder alles wat Ek gemaak het, staan hy eerste, net sy Maker kan hom verslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is die voortreflikste van God se werke; Hy wat hom gemaak het, het sy swaarde verskaf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is die belangrikste dier, God het hom gemaak, en net God kan hom oorwin. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is die beste voorbeeld van God se ongelooflike handewerk. Hy staan bo almal uit. Net God wat hom gemaak het, kan hom baasraak en verslaan. |