Job 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos ek gesien het, maai hulle wat ongeregtigheid ploeg en goddeloosheid saai.
Afrikaans (NLV) 2011 My ondervinding is dat mense wat moeilikheid plant en die bose saai, dit ook sal oes.
Afrikaans 1933/1953 Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, die maai dit.
Afrikaans 1983 Ek het ondervind: dié wat onreg plant en moeilikheid saai, oes dit ook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat ek waargeneem het, is: Wie onreg inploeg en teenspoed saai, oes dit ook.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sien dat dit sleg gaan met die mense wat slegte dinge doen, ek sien dat die mense wat ander mense wil laat swaarkry, self swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat ek in die lewe geleer het, is dat mense wat verkeerde dinge beplan en moeilikheid maak, dit net so sal terugkry.