Job 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit nie jou vrees, jou vertroue, jou hoop en die opregtheid van jou weë nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Gee dit dan nie vir jou hoop dat jy God aanbid het nie? Moet jy nie juis nou glo dat God sorg vir mense wat Hom dien nie?
Afrikaans 1933/1953 Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
Afrikaans 1983 Beteken dit dan vir jou niks dat jy God gedien het nie, gee jou vrome lewe jou geen hoop nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is jou ontsag vir God dan nie dit waarop jy staatmaak nie? Is jou hoop nie gevestig op jou onberispelike optrede nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy het altyd vir God gedien, jy was 'n goeie man, jy het heeltemal reg gelewe. Daarom moet jy nou hoop en weet dat dit weer beter sal gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee jou geloof in die Here nie vir jou die vertroue wat jy nodig het nie? Jy het altyd reg gelewe omdat jy die Here eer. Dit behoort mos vir jou hoop te gee.”