Job 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ons probeer om met jou te praat, sal jy bedroef wees? maar wie kan homself daarvan weerhou om te praat? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sal jy geduldig kan wees sodat ek iets vir jou kan sê? Geen mens kan stilbly nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | As 'n mens dit met 'n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou -- wie kan dit? |
| Afrikaans 1983 | “Sal dit jou vermoei as iemand met jou redeneer? Ek kan nie stilbly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Kan mens 'n woord na jou kant toe waag? Sal jy ontstemd raak? Maar woorde terughou – wie kan dit doen? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Job, jy sal miskien nie daarvan hou dat ek vir jou iets probeer sê nie. Maar ek kan nie stilbly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sal jy geduldig met my wees en my toelaat om te praat? ’n Mens kan nie eintlik jou mond hou nie, weet jy! |