Job 39:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle kleintjies is goedgesind, hulle word groot met koring; hulle gaan uit en keer nie na hulle terug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ken jy die tyd wanneer die bergbokke lam? Het jy gesien wanneer die wildsbokke kleintjies kry?
Afrikaans 1933/1953 Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?
Afrikaans 1983 Ken jy die tyd wanneer die klipspringers lam? Staan jy en kyk waar die wildsbokke kleintjies kry?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ken jy die tyd wanneer klipbokke lam? Het jy dit al aanskou wanneer rooitakbokooie lammers voortbring?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het nog met Job gepraat en vir hom gesê: “Job, weet jy wanneer die klein klipspringers gebore word? Staan jy en kyk waar die takbokke lammers kry?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Weet jy wanneer dit tyd is vir die bergbokke om te lam? Het jy al bygestaan as ’n wildsbokooi geboorte gee?