Job 39:37 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het dwase dinge gesê. Hoe kan ek U antwoord? Ek sit my hand op my mond.
Afrikaans 1983 “Ek is nie opgewasse teen U nie. Hoe sou ek U kon antwoord? Ek sal liewer stilbly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Kyk, ek is te onbelangrik – wat sou ek U antwoord? My hand lê ek op my mond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek weet nou dat ek niks beteken nie, wat kan ek antwoord? Ek sal niks sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek is eintlik niks! Wat kan ek U antwoord? Ek sal my hand op my mond sit en stilbly.