Job 39:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Haar kleintjies suig ook bloed op, en waar die gesneuweldes is, daar is sy.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee jy bevel dat die arend hoog moet vlieg om sy nes te gaan bou?
Afrikaans 1933/1953 Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes? [ (Job 39:31) Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting. ] [ (Job 39:32) Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte. ] [ (Job 39:33) Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy. ] [ (Job 39:34) En die HERE het Job geantwoord en gesê: ] [ (Job 39:35) Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! ] [ (Job 39:36) Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: ] [ (Job 39:37) Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. ] [ (Job 39:38) Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. ]
Afrikaans 1983 Is dit op jou bevel dat 'n aasvoël hoog opvlieg en sy nes in die hoogte gaan bou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of is dit op jou bevel dat die arend so hoog opstyg, en sy nes so hoog bou?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Het jy vir die aasvoël gesê hy moet sy nes op 'n hoë plek gaan bou?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Het jy vir die arend gesê om sy nes hoog in die berge te bou?