Job 39:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Klim die arend op u bevel en maak sy nes in die hoogte? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Opgewonde kap sy pote die grond. Hy storm vorentoe in die geveg wanneer die trompet blaas. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie. |
| Afrikaans 1983 | Opgewonde en oorgehaal kap-kap hy die grond, hy kan nie wag vir die blaas van die trompet nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onstuimig jaag hy met 'n gedruis 'n stuk aarde af; hy staan nie stil wanneer die •ramshoring opklink nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy kan nie stilstaan nie, hy is gereed om te hardloop wanneer die ramshoring blaas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy skud en bewe van spanning en kap in die grond. Hy kan nie wag dat hulle die trompet blaas wat die teken gee om aan te val nie. |