Job 39:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het jy die perd krag gegee? het jy sy nek met donderweer beklee? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy tree hardvogtig op teenoor haar kuikens asof hulle nie haar eie is nie. Dit maak nie vir haar saak of hulle sterf nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs -- sy is nie bekommerd nie. |
| Afrikaans 1983 | Sy maak haar kuikens hard groot, asof hulle nie haar eie is nie; as haar moeite dan tevergeefs was, skrik dit haar nie af nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy behandel haar kuikens sleg, asof hulle nie haar eie is nie; oor haar vergeefse moeite, is sy nie ontsteld nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy is 'n wrede ma vir haar kleintjies, sy maak of hulle nie háár kleintjies is nie, sy is nie bekommerd as sy die eiers uitgebroei het, en as die kleintjies nie lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy werk rof met haar kuikens asof dit nie haar eie is nie. Dit lyk nie of dit haar pla dat haar moeite om hulle uit te broei verniet kan wees nie. |