Job 38:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het wysheid in die binneste geplaas? of wie het verstand aan die hart gegee? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie gee intuïsie en instink aan die mens? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte? |
| Afrikaans 1983 | Wie gee verstand aan die ibis om teen die vloed te waarsku of wie gee insig aan die haan om die dag aan te kondig? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie plaas wysheid in die wit wolke, of wie gee insig aan die wolke wat wegdryf? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wie gee vir die ibis die verstand om te waarsku wanneer die Nyl-rivier se water oor die walle vloei? Wie maak die haan so slim dat hy kan sê wanneer die oggend kom? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie gee ’n innerlike aanvoeling vir dinge en wie maak dit moontlik om iets te kan verstaan? |