Job 38:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gord nou jou lendene soos 'n man; want ek sal van jou eis en jy my antwoord. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Staal jouself! Ek sal die vrae stel, en dan antwoord jy My. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gord dan soos 'n man jou heupe -- dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. |
| Afrikaans 1983 | Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omgord maar jou heupe soos 'n man! Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet gereedmaak, jy moenie bang wees nie. Ek sal vra, en jy moet my antwoord.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak jou reg vir ’n sarsie vrae wat in jou rigting kom wat jy moet antwoord. |