Job 37:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God donder wonderbaar met sy stem; groot dinge doen hy wat ons nie kan begryp nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God se stem is glorieryk in die donderweer. Dis onmoontlik om sy grootheid en mag te bedink. |
| Afrikaans 1933/1953 | God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is. |
| Afrikaans 1983 | Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God laat dit wonderbaarlik dreun met sy stem, Hy doen groot dinge, en ons kan dit nie deurdink nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God doen wonderlike dinge wanneer Hy sy stem laat raas, Hy doen groot dinge, dinge wat ons nie verstaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As God in die donderweer praat, is dit ongelooflik. Wonderlike goed gebeur wat ons nie eens kan dink om te verstaan nie. |