Job 37:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarna brul 'n stem; hy donder met die stem van sy hoogheid; en hy sal hulle nie keer as sy stem gehoor word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan kom die gebrul van die donderweer, die geweldige stem van sy majesteit. Hy hou nie die weerlig terug wanneer Hy praat nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.
Afrikaans 1983 en dan kom die donderslag. God laat sy magtige stem hoor, Hy stuur die onweer in volle krag wanneer Hy sy stem laat hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarna brul sy stem; Hy laat dit dreun met sy luisterryke stem. Hy hou die weerligstrale nie terug wanneer sy stem gehoor word nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En dan raas en dreun die donderweer, God praat met sy harde stem, en die donderweer hou aan om te raas terwyl Hy, die Koning, praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna kan ’n mens die gedreun van die weer hoor as God sy magtige stem gebruik. Sy stem dreun oorverdowend hard.